Waar mense nuut word: Gees, Siel en Liggaam.

Na baie gebed, individueel èn as leiergroep en 100% eensgesindheid tussen almal, is ons opgewonde oor 'n nuwe seisoen in ons gemeente se lewe. Ons naam het verander vanaf Familia Christi na NUWE LEWE FAMILIEKERK. Ons nuwe tuiste is Geministraat 68, Brackenfell.  Ons loof en prys Abba Vader vir Sy leiding, genade, liefde en voorsiening.

EL Roi Gebedskliniek

Ons het ELKE Maandagaand
'n “Gebedskliniek” by die kerk.
Enigeen wat gebedsbediening benodig, is welkom om tussen 19:00 en 20:00 in te loer.

  • Het jy behoefte aan gebed van watter aard ookal?
    Het jy genesing nodig?
    Gaan jy deur ‘n moeilike tyd?
    Is jy geestelik moeg?
    Het jy behoefte om net stil te raak in die teenwoordigheid van Abba God sodat Heilige Gees jou kan bedien?

Daar sal iemand wees wat saam met jou sal bid. Jy hoef nie alleen te worstel nie, kom rus en ontspan vir ‘n uur en herlaai jou ‘battery’ vir die week.

Bybelskool

PASSION FOR TRUTH 

BIBLE COLLEGE

WAAR: Nuwe Lewe Familiekerk
WANNEER: Sondagaande 18:00
DATUMS: Sal met studente gereël word.
WOON KLAS BY - Doen 1 module per maand en voltooi jou sertifikaat kurus in een jaar of werk op jou eie, in jou eie tyd, teen jou eie tempo.
Kry 'n handboek of werk net aanlyn.
Om in te skryf en inligting oor kostes, kontak vir
Elze Radyn by 084 6166 550 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Lees verder...

StapVirHoop2018

In Brackenfell staan ons bekend as ‘n gemeente wat relatief klein is, maar ‘n groot impak maak op die gemeenskap. Soos jy as gemeentelid weet, reik ons graag uit na die plaaslike gemeenskap en sy mense en selfs buite ons land se grense. Ons gee regtig om en wil graag die hande en voete van Jesus wees en ‘n verskil maak in die lewens van mense. Hierdie jaar beoog ons ‘n bewusmakingsveldtog en ‘n fondsinsamelingsprojek vir 3 Nie-Winsgewende Organisasies (NPO’s) nl: Shiloh Synergy, Brackenfell, Rock a Bye Baby House, Kuilsrivier en Bright Stars Safe Home in Kraaifontein .
Al drie hierdie organisasies is geregistreerde NPO’s en doen geweldig baie om kinders se omstandighede te verbeter. Van die versorging van baba’s sonder heenkome vanuit onwelkome swangerskappe, asook kinders wat uit gesinne verwyder word a.g.v alkohol of dwelmmisbruik tot skole waar kinders van minderbevoorregte gebiede noodsaaklike lewensvaardighede geleer word en skoolgereed gemaak word.
Stap vir Hoop sal DV plaasvind van 14 tot 30 April 2018. Dit behels ‘n staptog van ongeveer 300km wat begin in Stellenbosch en sal eindig in Agulhas. Elze Radyn, Sandra Smit, Alfred Venter & Andre en Christine Louw sal die volle roete stap en ‘n paar mense sal ‘n gedeelte stap oor naweke.
Hoe kan jy betrokke wees? Borg ons asb per kilometer of gee ‘n donasie soos jy kan. Neem asb ‘n borgvorm en help om borge buite die gemeente te kry. Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor. Ander bydraes soos energiedrankies en padkos of borge vir verblyf is meer as welkom.
Ons onderneem om daagliks terugvoer te gee oor ons vordering en ook die stand van fondse vir die betrokke instansies. Gereelde plasing van foto’s en video’s op sosiale media sal gedoen word om ons ondersteuners op hoogte te hou en te laat deel in die ervaring van die Stap vir Hoop.
Ons wil ‘n boodskap van hoop uitdra na ‘n gemeenskap waar daar soveel seer en swaarkry op ‘n daaglikse basis ervaar word. Hulle moet weet dat ons Hemelse Vader elkeen raaksien en dat daar altyd hoop is. Die boodskap van hoop moet gaan aan al die betrokkenes by hierdie instansies wat met soveel toewyding, tyd en liefde in kinders se lewens belê, asook aan mense wat ons op hierdie staptog sal teëkom. Ons wil hulle herinner dat Jesus hulle liefhet en‘n persoonlike verhouding met elkeen wil hê.
Ons vertrou dat die gemeente en gemeenskap ons hande sal vat om ‘n verskil te maak in ‘n kind se lewe want kinders is die leiers van die toekoms. Indien iemand meer wil weet kan hulle vir Elze Radyn kontak by 084 6166 550, of vir Hannelie skakel by 021 982 7239 of ‘n epos stuur aan: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Copyright © 2016-2017. All Rights Reserved.