Waar mense nuut word: Gees, Siel en Liggaam.

Nuwe Lewe Familiekerk - Waar Almal Deel Is Van God Se Familie
By Nuwe Lewe Familiekerk glo ons dat almal moet deel wees van God se familie. Ons glo dat jy nie die kerk in sy volheid kan ervaar sonder om in 'n kleiner groep te wees waar daar sigbare en tasbare liefde en omgee is nie. Waar jy bedien kan word maar ook ander kan bedien. Waar almal saam na die Woord luister, saam sing, bid en in 'n dieper verhouding met jou Vader groei. 'n Familiegorep bestaan gewoonlik uit 'n groep van nie groter as 14 persone nie wat een keer gedurende die week bymekaar kom by een van die groeplede se huise. Hier kan jy ook met gemak 'n uitdaging saam met jou groepie aangryp om by 'n spesefieke projek betrokke te raak. So is die groepie die hande, voete, oë en hart van Jesus by wie julle betrokke is. Dit is die plek waar jy kan lag en huil, jou vrese en geluk kan deel. Waar jy jou Skepper in vryheid en opregtheid kan dien, waar jy nie hoef bang te wees jy maak 'n fout nie, waar almal bereid is om te leer.

Raak Betrokke En Maak 'n Verskil
Ek wil jou nooi om by 'n familiegroep aan te sluit.

Vir inligting oor 'n familiegroep in jou area kontak

Hannelie by 083 256 7750

Copyright © 2016-2017. All Rights Reserved.