Waar mense nuut word: Gees, Siel en Liggaam.

Die gasvryheidsbediening is vir ons 'n passie en die ideale manier om met die gawes en talente wat ek ontvang het, die liggaam van Christus te dien soos wat Jesus gedien het.

Die doel van hierdie bediening is om 'n vriendelike gesig, 'n handdruk, 'n gebed of sommer net 'n glimlag aan almal te bied wat ons deure binne kom sodat almal kan welkom voel in Nuwe Lewe Familiekerk. Ons poog daarna om Jesus se voorbeeld te volg, mense op hulle gemak te laat voel, bystand te bied en Sy liefde uit te straal.

Almal met 'n passie en gawe om ander te dien en te bedien is welkom om deel te word van hierdie bediening. Hierdie bediening verg slegs een kwalifikasie - 'n vriendelike glimlag! Die gasvryheidsbediening betrek alle gemeentelede, van die jong werkende jeug tot die seniors.

Kom ons maak Nuwe Lewe Familiekerk die gasvryste en vriendelikste gemeente in die land.

Om deel te word, kontak

Hannelie Human by 083 256 7750
Esther Groenewald by 084 593 1532

Copyright © 2016-2017. All Rights Reserved.