Waar mense nuut word: Gees, Siel en Liggaam.

Die mediabediening poog om te wees soos Jesus is, te doen soos Jesus doen, en mense saam te neem op 'n gemeente reis. Word gerus deel van ons aanlyn gemeenskap.

Die mediabediening is een van die belangrikste skakels in die gemeente wat lidmate en die gemeenskap ingelig hou oor wat in en om die gemeente gebeur.

Dienste word opgeneem en kan bestel word op CD by die kerkkantoor.

Die media bediening het ook 'n onafhanklike bediening wat dagstukkies uitstuur by www.wwjd.za.org

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak Gerhard Fourie by

selfoon 081 268 5111

GEMEENTE WHATSAPP BROADCAST GROEP

Die gemeente het 'n WhatsApp Broadcast Groep begin

Hierdie is nie 'n oop groep waar almal almal se boodskappe kry nie.

Indien iemand terugantwoord, sal die boodskap net by die persoon kom wat die boodskap gestuur het.

Om te registreer, stoor 081 721 7206 op u foon, en stuur dan 'n boodskap na die gemeente se media afdeling.

Copyright © 2016-2017. All Rights Reserved.